‘Want Sy goedertierenheid is geweldig oor ons, en die trou van die Here is tot in ewigheid. Halleluja!’
– Die volmaakte en onfeilbare liefde van God teenoor jou sal nooit ophou nie.
– Om te weet dat God ons liefhet, is ‘n kragtige gedagte.
– Dit maak nie saak wat ons moet hanteer of waardeur ons moet gaan nie, Sy liefde duur vir ewig.
– Hy is jou ewige God en Sy genade en goedertierenheid teenoor jou is wonderbaar.
Gebed: Vader, dankie vir U volmaakte liefde vir my. Ek ontvang U liefde vir my as ‘n lewende werklikheid, ten spyte van die storm wat rondom my woed. U liefde vir my is ewig! Amen.