‘Toe het ek die Naam van die Here aangeroep: “Here, red my tog!” ’
– Ons is so bevoorreg om in afhanklikheid van die Here te leef.
– Ons kan aanhou om Hom aan te roep in geduurig veranderde omstandighede.
– Sy hulp, krag en ingryping sal nooit opraak nie.
– Geen angs, geen moeilikheid en geen uitdagings is vir Hom te groot nie.
Gebed: Vader, ek roep U op hierdie oomblik, aan. Ek roep die Naam van die Here MY God aan. U sal my red en verlos en U sal my U liefde vir my, wys, op die wonderlike manier wat U in my lewe sal instap en ‘n wonderwerk doen. Amen.