‘Hy vrees nie vir slegte tyding nie; sy hart is gerus, vol vertroue op die HERE.’
– Dikwels spandeer ons te veel tyd om die ergste te verwag.
– In plaas daarvan om te vrees, moet ons God se guns verwag.
– Jy moet lewe met die verwagting dat Hy vir jou sal sorg.
– Wanneer jy dinge vanuit hierdie perspektief sien, verander dit jou lewensbeskouing.
Gebed: Vader, help my om nie op die negatiewe te fokus of op hoe sake verkeerd kan uitdraai nie. Help my eerder om versekerd genoeg te wees om te weet dat U liefde en sorg vir my sal deurhelp en dat ek U goedheid en welwillendheid teenoor my sal ervaar. Amen.