‘Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.’
– Dit is jou reg en voorreg om tot God te roep om hulp.
– In die diepste vallei of in die ergste moeilikheid wag Hy op jou oproep.
– Hy kan jou uit ‘n plek van duisternis na Sy wonderlike lig bring.
– Hy kan die kettings wat jou vashou, breek en jou vrystel.
Gebed: Vader, vandag roep ek U aan met alles wat in my is, en ek vra U om in te gryp en my te help. U ken die plek waarin ek my bevind en U kan uitreik en my daaruit lig. Ek bid dat U dit vir my sal doen. Amen.