‘Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die HERE loof;’
– Besef jy dat hoe jy lewe kan ‘n effek op toekomstige generasies hê?
– As jou lewe ‘n effek sal hê op ‘n generasie wat nog nie gebore is nie, sou dit dinge verander?
– Kom ons lewe op ‘n wyse dat dié wat na ons lewe ook die Here sal loof
– Jou lewe is meer as net hierdie oomblik, dit het ‘n blywende effek.
Gebed: Vader, mag my lewe nie net ‘n oomblik duur nie, maar mag dit ‘n blywende en ‘n positiewe impak hê, op hulle wat na my sal lewe. Amen.