Daaglikse Bybel Vers: Psalm 102:18
‘Hom gewend het tot die gebed van wie ontbloot is, en hulle gebed nie verag het nie.’
– Die Here neem ons gebede en aanroepe tot Hom ernstig op.
– Wanneer ons desperaat, wanhopig en hopeloos voel, is Hy daar om te hoor wanneer ons Hom om hulp aanroep.
– Hy sal sy aandag vandag tot jou gebed draai en jou hoor.
– Roep Hom aan, Hy is gereed en Hy kan op jou geloof in Hom, reageer.
Gebed: Vader, ek roep U vandag aan. U ken die toestand van my hart sowel as die dinge wat my bekommerd en onrustig maak. In hierdie oomblik, bring ek al hierdie dinge na U toe, wetende dat U my hoor en vir my omgee. Amen.