‘Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak, en ons is Syne, Sy volk en die skape van Sy weide.’
– Dit is die Here wat jou gemaak het, en Hy maak nie rommel nie.
– Jy is waardevol en kosbaar vir die Here.
– Hy sorg vir jou met liefde en kennis van jou situasie.
– Jy behoort aan Hom, vind dus jou sekuriteit in die wete dat Hy vir jou sorg.
Gebed: Vader, dank U vir die spesiale verhouding wat ek met U kan hê. U is my Hemelse Vader en ek is U kind. Dit is wonderlik om te weet dat ek onder U liefdevolle sorg kan lewe. Amen.