‘Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag,…’
– Ons behoort elke geleentheid wat die Here oor ons pad bring, te benut.
– Selfs in moeilike tye moet ons ons nie daaraan oorgee om niks te doen nie.
– Daar is altyd nog ‘n tree wat ons kan gee, nog ‘n weg om na te streef.
– Opgee is nie ‘n opsie nie, om die een voet voor die ander te sit, is die antwoord.
Gebed: Vader, help my om die geleenthede wat U oor my pad bring raak te sien, help my om die oop deure wat U vir my voorberei het raak te sien en gee my die moed om met vasberadenheid vorentoe te beweeg. Amen.