Daaglikse Bybel Vers: Prediker 7:3
‘Om verdrietig te wees, is beter as om te lag; want as die gesig droewig is, gaan dit goed met die hart.’
– Die lewe is nie altyd maklik en vol gelag nie
– Maar om deur die moeilike tye te gaan, ontwikkel ander aspekte van ons lewens
– ‘n Hartseer gesig dui nie altyd op ‘n hartseer hart nie.
– Onthou sterre skyn die helderste in die langste en donkerste nagte.
Gebed: Vader, dankie dat U, ten spyte van wat ek in die gesig staar, by my is, en dat U binne my werk. Hoe donker dinge ookal mag lyk, mag my hart weet dat U daar is vir my. Amen.