‘Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd:..’
– Dit is die Here se natuur om dinge te verander en alles mooi te maak.
– Hy sê Hy sal ons as neem en iets moois daaruit voortbring.
– Hy sal ons moeilike situasies neem en dit ten goede laat meewerk.
– Soms maak die tydsberekening nie vir ons sin nie maar Hy beheer dit ook.
Gebed: Vader, dankie dat U alles op sy tyd mooi maak. Neem my lewe en my situasie en bring U prag en goedheid daaruit voort. Amen.