‘As die yster stomp geword het, en ‘n mens die snykant nie geslyp het nie, moet hy die kragte meer inspan; …’
– Die veeleisendheid van die lewe kan van ons effektiwiteit wegneem.
– Met verloop van tyd kan die lem van ons lewens stomp en dof word.
– Wanneer dit gebeur, eis die lewe baie groter krag van ons.
– As ons met God se hulp die tyd neem en die lem skerpmaak, sal ons slaag.
Gebed: Vader, Ek kies om hier te stop en te wag. Ek bied die ‘stomp lem’ van my lewe aan U en ek vra U om nuwe lewe en skerpte in my lewe in te asem, sodat ek vir U effektief en produktief kan wees. Amen.