‘Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.’
– Daar is groot verligting daarin om te laat vaar.
– Wanneer ons aan ons bekommernisse en sorge vashou, dreineer en verswak dit ons.
– Wanneer ons laat vaar en dit aan God oorgee, kan ons geseënde vrylating ken.
– Vertel God jou behoeftes en dank Hom vir wat Hy gedoen het en vir wat Hy nog sal doen.
Gebed: Vader, vandag laat vaar ek die vrag bekommernis en sorge wat ek gedra het. Ek plaas dit alles in U hande. Ek laat vaar die gewig van alles en ek vra U om in te gryp en dinge vir my uit te werk. Amen.