‘NA hierdie dinge het ek gesien – kyk, ’n geopende deur in die hemel,…’
– Ons kan ons so dikwels in geslote deure en doodloopstrate vasloop.
– Ons kan selfs tussen ‘n rots en ‘n harde plek vasgevang word.
– Maar met God is daar altyd ‘n oop deur.
– Kyk, daar is nou ‘n oop deur in God waardeur jy kan intree.
Gebed: Vader, dank U dat U ‘n oop deur daarstel waardeur ek nou in U teenwoordigheid kan intree. Mag ek altyd onthou dat selfs wanneer ek my teen geslote deure vasloop, is die deur tot U altyd oop en ek kan in tree. Amen.