‘En die Gees en die bruid sê: Kom!’
– Daar is oomblikke in ons lewens wanneer ons die Here meer as ooit te vore nodig het.
– Dit is in hierdie tye wat ons Hom moet aanroep om in ons lewens in te tree.
– Het jy nodig dat Hy in jou lewe en omstandighede moet intree?
– Spreek daardie verlange en nood uit en sê ‘My Here kom help my!’
Gebed: Vader, ek besef hoe veel ek U in my lewe nodig het. Ek roep U aan en vra U om in my situasie in te tree en my te red, verlos en versterk. Amen.