‘Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.’
– Die Here is die begin en die einde van alle dinge.
– Hy is die Ewige Almagtige God.
– Tussen ons begin en ons einde bly Hy God.
– Ons kan Hom vertrou, want Hy ken die einde van die begin af.
Gebed: Vader, ek bid dat U die begin en einde van alle dinge in my lewe sal wees. Ek verklaar dat U my God is en dat U in beheer van alle dinge is, insluitend my lewe. Amen.