‘En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai – ’
– Dit maak nie saak hoe jou situasie is nie, die Here sal met jou praat
– Hy kan praat in die stilte van die woestyn of in die geluid van die storm.
– Laat ons sensitief wees vir Sy stem te midde van die besige lewe.
– Hy sal lei, en Hy sal jou paaie rig.
Gebed: Vader, ek vra, nou hier, dat U met my sal praat. Praat met my net soos U met die mans en vrouens van ouds gepraat het. Ek maak my hart oop om van U te hoor en te ontvang. Amen.