‘En as Moses in die tent van samekoms gegaan het om met Hom te spreek, het hy die stem met hom hoor spreek….. So het Hy dan met hom gespreek.’
– Ons vehouding met die Here moet altyd van twee kante kom.
– Ons kan met God praat, maar Hy wil ook met ons praat.
– Ons moet altyd gereed wees om Sy stem te hoor wanneer ons, ons versoeke na Hom toe bring.
– Die Here wil met jou praat. Wag, luister en hoor wat Hy sal sê.
Gebed: Vader, waar ek my versoeke en smekinge na U toe bring, help my om nie so vasgevang in my probleme te wees dat ek nie die woorde wat U met my wil spreek sal hoor nie. Amen.