‘Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die Here is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!’
– Ek verklaar vandag dat die beskerming van jou vyand verwyder is.
– Jou beskerming word verseker, want die Here is met jou.
– Diegene wat jou wil sien val, sal self val.
– Moenie vrees nie, HY is met jou, glo dit en moenie daaraan twyfel of dit verwerp nie.
Gebed: Vader, dankie dat U met my is en dat U my sal beskerm. U skakel my vyand se beskerming uit en ontwapen dit, en U bring my na ‘n plek van oorwinning en vryheid. Amen.