‘…..; en ons was soos sprinkane in ons oë; so was ons ook in hulle oë.’
– Wanneer jy God by die saak betrek moet jy jouself nooit onderskat nie.
– Hoe jy jouself sien is nie so belangrik as hoe God jou sien nie.
– Verwerp enige lae selfbeeld, en glo dat die Here groot dinge sal doen.
– Wat jy dink dat ander van jou dink is niks in vergelyking met wat God van jou sê nie.
Gebed: Vader, vergewe my dat ek glo in enigiets minder as wat U van my sê. Ek verwerp alle negatiewe self-gedagtes en kies om U woorde en gedagtes teenoor my, te glo. Amen.