Daaglikse Bybel Vers: Nehemïa 4:14
‘….; dink aan die grote en gedugte Here, ….’
– Ons ontvang soveel raad in die lewe dat dit verwarrend kan raak.
– Maar die beste raad wat ons kan ontvang is om ‘die Here te onthou’.
– Ons moet onsself herinner dat die Here altyd met ons is maak nie saak wat gebeur nie.
– Onthou die Here vandag en herinner jouself dat Hy altyd die finale sê sal hê!
Gebed: Vader, ek kies om my oë vandag op U te vestig. Ek sal onthou dat U met my is en U kan my storms stilmaak en my help in elke situasie waarin ek beland. Amen.