‘Die HERE is goed, ‘n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.’
– Die Here is goed – moet nooit sy goedheid teenoor jou bevraagteken of daaraan twyfel nie.
– Dinge mag dalk nie altyd sin maak nie, maar Hy bly goed en getrou.
– In die ‘dag van benoudheid’ sal hy jou nie faal nie, Hy sal jou toevlug bly.
– Vertrou op Hom en laat jou hele hart sekuur rus in Sy sorg en liefde vir jou.
Gebed: Vader, ek verklaar dat U ‘n baie goeie, Goeie Vader is. Ek kies om U te vertrou, omdat ek weet dat U my Toevlug tenmidde van my uitdagings, sal wees. Amen.