‘Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. ’
– Ons wil almal ons lewens bou sodat dit ‘n blywende effek sal nalaat.
– Niemand wil ‘n verkwiste lewe lei nie.
– Die sleutel is om God se Woord te neem en dit op ons lewens toe te pas.
– Wanneer ons dit doen tree ons met wysheid op, soos wyse mans en vrouens.
Gebed: Vader, ek kies om my lewe met wysheid en U leiding, te bou. Ek wil ‘n wyse mens wees wat sy/haar huis (lewe) op die Rots bou! Amen.