‘As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!’
– Dit is deel van die Here se karakter en natuur teenoor ons om vir ons goeie gawes te gee.
– Ons dien ‘n baie, goeie Vader en Hy het ons lief en sorg vir ons.
– Nie eens die beste aardse vader kan met ons Hemelse Vader vergelyk word nie.
– Hy het soveel vir ons voorberei en ons moet Hom net nader en vra daarvoor.
Gebed: Vader, dit is ‘n voorreg om U kind te wees en om te weet dat U vir my sorg en my wil seën. Ek bring my versoeke vandag en lê dit voor U voete neer, en ek glo dat U sal onderneem. Amen.