‘Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.’
– Om in die huidige oomblik te lewe, is ‘n geheim vir sukses in die lewe.
– Wanneer ons die bekommernisse van môre in vandag inbring, beroof dit ons van ons vreugde en krag.
– Moenie vandag verkwis nie, gebruik dit om te doen wat gedoen moet word.
– Môre sal vir homself sorg en God sal jou die nodige krag gee.
Gebed: Vader, vergewe my dat ek té angstig en besorg is oor môre. Dankie vir hierdie pragtige dag wat U my gegee het, mag ek dit gebruik om te bereik wat U beplan het dat ek moet bereik. Amen.