‘As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?’
– Die Here sal goed vir jou sorg!
– Sy sorg en liefde vir jou kan nooit opgebruik of uitgeput raak nie.
– Die goedheid van Sy sorg vir jou begin elke dag opnuut.
– Hy sal jou nie versaak of verlaat nie; Hy sal vir jou sorg.
Gebed: Vader, dankie vir U wonderlike besorgdheid en sorg vir my. Ek is U kind en U is daar om my lief te hê en om vir my te sorg. Ek kies om op U liefde en U sorg vir my staat te maak met die wete dat U beslis na my sal omsien. Amen.