‘As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ’n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?’
– Die Here het jou lief en sorg vir jou en dit is iets waarvan jy kan seker wees.
– Hy sorg wonderlik vir alle dinge en dit sluit jou in.
– In Sy onfeilbare liefde en sorg vir jou, onderneem Hy om in jou behoeftes te voorsien.
– Die Here sal BESLIS vir jou sorg.
Gebed: Vader, dank U dat ek nie bekommerd of angstig hoef te wees nie, want U sal vir my sorg. U ken my beter as wat ek myself ken en al my behoeftes, verlange en begeertes is aan U bekend. Dus verklaar ek: ‘Die Here sal BESLIS vir my sorg’. Amen.