‘Laat julle lig só skyn voor die mense, …’
– As Sy kinders word ons geroep om anders te wees.
– Ons behoort nie duisternis en wanhoop te versprei nie.
– Ons behoort Sy lig in die donkerte rondom ons te weerkaats.
– Laat jou lig skyn, en wees ‘n bron van hoop vir ander.
Gebed: Vader, mag my lewe aan U toegewy wees in alles wat ek doen en sê, en mag my teenwoordigheid hoop, genesing en lewe bring in die lewens van diegene met wie ek in aanraking kom. Amen.