‘en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.’
– Lig verander die manier waarin ons alles rondom ons sien.
– Wanneer ons lig in ons lewens het, het ons die krag om die dag aan te pak.
– Jy dra die lig van God in en deur jou lewe.
– Moenie jou lig verberg nie, maar laat dit skyn en lig aan almal rondom jou gee.
Gebed: Vader, dankie dat U lig in my hart en lewe skyn, Ek het hoop, omdat U lig my omring en my die pad wys waarop ek moet gaan. Mag ek hierdie lig in die duisternis weerkaats en U hoop en lig aan ander bring. Amen.