‘Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het.’
– Ons dien ‘n lewende en kragtige God wat die sonde en die dood oorwin het.
– Hy is nie iewers in ‘n graf nie, maar Hy leef en Hy is met jou.
– Hy sal jou nooit verlaat nie en Hy sal jou nooit versaak nie.
– Jy het ‘n Verlosser en jy het ‘n Lewende Here wat jou liefhet.
Gebed: Vader, dankie vir alles wat U vir my gedoen het. U is my Opgestane Heer, my Liefdevolle Verlosser en my Ewige God en Koning. Ek ontvang U opstandingslewe vandag in my lewe. Amen.