‘En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.’
– Daar is nooit ‘n oomblik dat Sy teenwoordigheid van ons verwyder is nie.
– In hierdie finale woorde herinner Hy ons daaraan dat Hy altyd met ons is.
– Beproewinge sal kom en gaan, maar Sy teenwoordigheid sal vir ewig bly.
– Selfs wanneer dit lyk of dinge in duie stort, bly Hy met ons.
Gebed: Vader, dankie vir U durende en blywende teenwoordigheid in my lewe. Dit is ‘n vreugde om te weet dat tenspyte van wat ek moet hanteer sal U altyd daar wees en U sal tot die einde getrou bly. Amen.