‘want elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. ’
– Die Here het van sy skatte binne elkeen van ons geplaas.
– Die doel van ons lewens is om hierdie skatte te ontdek en om dit te gebruik.
– Terwyl ons dit wat God binne ons geplaas het gebruik, sal ons die voorraad nooit opgebruik nie.
– Neem dus die skat binne jou en wees ‘n seën, en word deur God gebruik.
Gebed: Vader, dankie vir alles wat U in my lewe geplaas het. Mag ek in die goeie gebruik daarvan, getrou gevind word, sodat ek hoop en lig vir almal om my sal bring en dat ek die vreugde sal ken om in U diens gebruik te word. Amen.