Daaglikse Bybel Vers: Matthéüs 17:7
‘…: Staan op en moenie vrees nie.’
– Omstandighede en situasies kan ons teneergedruk en ontmoedig maak.
– Maar ons moet mettertyd bo die situasie uitstyg.
– Die Here wil hê dat ons moet ‘opstaan’ en Sy plan vir ons moet opneem.
– Kom ons tree met vertroue vorentoe en wees opgewasse vir die taak.
Gebed: Vader, Ek kies om op te staan uit die depressie en verslaen’heid waarin omstandighede my neergedruk het. Ek kies om tot ‘n nuwe lewe uit te styg! Mag ek skyn en stralend van U heerlikheid oor my lewe wees. Amen.