‘Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; en Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare.’
– In hierdie verhaal was ‘n groot wonderwerk gereed om plaas te vind.
– Die Here het vier dinge gedoen: Hy het na die hemel opgekyk, Hy het geseën, Hy het gebreek en Hy het gegee.
– Dit kan die verhaal van ons lewens wees as ons neem wat Hy vir ons gee, en dit weggee.
– Voor die wonderwerk het Hy na die hemel opgekyk, die moontlike gedoen en God het die onmoontlike gedoen.
Gebed: Vader, waar ek U vertrou vir wonderwerke in my lewe en omstandighede, mag ek altyd onthou om U as die bron van my wonderwerk te herken. Mag ek gereed wees om dit wat U vir my gegee en gedoen het te neem, en dit te gebruik om tot seën vir ander te wees. Amen.