‘Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.’
– Dit is hierdie tyd van die jaar wanneer ons die grootste geskenk ooit, onthou.
– God het sy Seun gegee sodat ons kan weet wat dit beteken om ‘God met ons’ te hê!
– Die Here wil by jou wees, vandag en elke dag wat Hy jou gegee het.
– Jy hoef nooit alleen te voel nie, Hy is daar vir jou en Hy is daar met jou.
Gebed: Vader, dankie dat U, U Seun gestuur het om ‘n lewende werklikheid in my lewe te wees. Mag ek in hierdie wonderlikste tyd van die jaar, hierdie feit as ‘n persoonlike ervaring en as ‘n belangrike komponent van my eie lewe, ken. Amen.