‘want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.’
– Ons Verlosser se grootste begeerte vir ons is dat ons op elke wyse vry sal wees
– Hy het na ons wêreld gekom om die moontlikheid van hierdie vryheid ‘n werklikheid te maak.
– Hy is as ‘n baba gebore om ons van dit wat ons sou vernietig, te red.
– Ons kan ons verheug en vier dat ons ‘n wonderlike Verlosser het.
Gebed: Vader, dankie dat ek nie aan enigiets gebonde hoef te wees nie. U het vir my vryheid gebring en ek kies om in die vryheid wat U my gebring het, te lewe. Amen.