Daaglikse Bybel Vers: Matthéüs 11:29
‘Neem my juk op julle en leer van MY, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele.’
– Hoe dikwels dra ons nie die moeilikhede van die lewe in ons eie krag en wysheid nie.
– Hoeveel beter sou dit nie wees as ons by Sy voete kon sit en van Hom leer nie.
– Die Here weet altyd wat die beste ding is om in ons situasie te doen.
– Wanneer ons onder sy leiding lewe sal ons rus vir ons siele vind.
Gebed: Vader, ek wil nie dinge in my eie krag en vermoë doen nie. Help en leer my om van U te leer en mag my siel met rus en vrede gevul word terwyl ek op U vertrou. Amen.