‘Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.’
– Jou Verlosser en jou God sê vir jou: ‘Kom na My toe!
– Kom, net soos jy is, ondanks hoe jy voel.
– Hy sien jou hart en Hy roep na jou en nooi jou om na Hom toe te kom.
– Hy sal die laste en swaarmoedigheid lig, en Hy sal jou rus gee.
Gebed: Vader, U is my Koning bo alle konings en U is my Heer bo alle here. Ek kies om op U uitnodiging te reageer en ek kom na U toe. Ek verlang na U teenwoordigheid en die rus en vrede wat net van U kom. Amen.