‘En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.’
– Jy moet nooit onderskat hoe volledig God vir jou sorg nie.
– Die Here stel belang in die geringste besonderhede van jou lewe.
– As Hy omgee oor die hare op jou kop, gee Hy sekerlik om oor alles?
– Elke kwessie waaroor jy bekommerd is kan jy na die Here neem.
Gebed: Vader, dankie vir U liefde en sorg vir my. Vergewe my dat ek soms dink dat ek nie my bekommernisse na U kan neem nie, omdat hulle klein en onbeduidend voorkom. Ek besef dat U vir my omgee en vir alles wat my aangaan. Amen.