‘Maar Jesus het hom by die hand gegryp en hom opgerig; en hy het opgestaan.’
– Dit is presies wat die Here vir jou wil doen.
– Hy wil kom, jou hand neem, jou oplig en jou help om te staan.
– Die lewe het jou miskien platgeslaan en in die stof gelaat.
– Maar Hy is hier om jou uit die modderige klei op te lig en jou op vaste grond te plaas.
Gebed: Vader, hier is ek met my hand na u hand uitgestrek. Gryp my hand, lig my op en help my staan. Want sonder U, kan ek niks doen nie. Amen.