‘En toe Jesus uitklim, sien Hy ‘n groot menigte, en Hy het vir hulle innig jammer gevoel, …’
– Die Here is barmhartig en genadig en vol medelye.
– Sy genade en sy medelye teenoor jou, eindig nooit.
– Jou situasie oorweldig Hom nie, Hy is gereed om sy liefde en genade aan te bied.
– Verwag sy medelye, glo in sy medelye en ontvang sy medelye.
Gebed: Vader, dankie dat U te midde van die gewoel van die lewe steeds met deernis en medelye teenoor my gevul word. Ek weet dat U in my situasie sal intree en hoop en herstel sal bring In u onmeetbare getrouheid, sal u liefde altyd daar wees om my op te beur en deur te dra. Amen.