‘Toe Jesus dit hoor, was Hy oor hom verwonderd, en Hy draai Hom om en sê vir die skare wat Hom volg: Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ‘n groot geloof nie gevind nie.’
– Ons leef in moeilike tye, en hierdie tye benodig groot geloof.
– Hierdie is nie ‘n tyd vir vrees en benoudheid nie.
– Hierdie is ‘n tyd om God te vertrou soos nog nooit tevore nie.
– Mag jy een van daardie mense wees wat daarvoor bekend staan dat jy baie geloof het!
Gebed: Vader, ek verwerp alle vrees, angs en wanhoop, en ek verklaar dat ek in U glo. Ek vertrou U in hierdie seisoen van my lewe. Ek kies geloof, tenspyte van die storm of die vloed wat my omring. Amen.