‘En Hy het hulle uitgelei tot by Betánië. En Hy het Sy hande opgehef en hulle geseën. En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei en is in die hemel opgeneem.’
– Die Here seën graag Sy volk.
– Terwyl Hy Sy volk seën, het Sy aardse tyd geëindig en Hy het opgevaar na die hemel.
– Hy het eers na die hemel teruggekeer nadat Hy seker gemaak het, dat ons weet dat ons geseënd is.
– Jy is geseënd, en soos wat jy Sy hemelvaart onthou, onthou ook dat Hy sal terugkeer.
Gebed: Here, dank U dat U gekom het en dat U tussen ons woon. Ons is so dankbaar vir U voortdurende teenwoordigheid en U seën op ons lewens. Ons sien uit na die dag wanneer ons U van aangesig tot aangesig sal sien. Amen.