‘Hy het Hom toe van hulle afgesonder omtrent so ver as ‘n mens met ‘n klip kan gooi. Daar het Hy gekniel en gebid’
– Soms moet ons onsself uit die situasie verwyder en bid.
– Wanneer ons, onsself verootmoedig en die Here aanroep, hoor Hy ons.
– Daar is tye wanneer ons alleen met God moet wees.
– Hy ken die geroep van jou hart en Hy hoor jou gebed.
Gebed: Vader, U is my Magtige God en my Hemelse Vader. Ek neem vandag hierdie oomblik om alleen met U in U teenwoordigheid te wees. Ek roep U nederig aan, wetende dat U my sal help. Amen.