‘Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar My woorde sal nooit verbygaan nie.’
– Sommige dinge is net tydelik, terwyl ander nooit verby sal gaan nie.
– Wat tydelik is, sal verbygaan en wat ewig is, sal vir ewig duur.
– Ons moet instaat wees om die verskil te herken en in die ewige te belê.
– Die meeste dinge in die lewe sal verdwyn, maar die Here en Sy Woord sal vir ewig bly staan.
Gebed: Vader, help my om waarde aan die ewige dinge te heg en om dit te koester. Mag ek nie met irrelevante en kortstondige dinge behep raak nie, maar mag my hart en verstand meer bewus wees van dinge wat vir ewig sal duur. Amen.