‘EN Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,’
– Gebed behoort ‘n belangrike en voortdurende deel van ons lewens te wees.
– Soos soldate wat vir oorlog gewapen is, moet ons gewapen en altyd gereed wees om te bid.
– Terwyl ons bid, word hoop lewendig, en opgee is nie meer ‘n opsie nie.
– Wees gereed en getrou om jou stil, kort en blits gebede aan die Here te rig.
Gebed: Vader, help my om gebed as deel van my lewenstyl te ontwikkel. Mag ek die oomblikke wat U my gee, gebruik om op U te fokus en U te vertrou met my versoeke en beroepe, en mag ek nooit moed opgee nie! Amen.