Daaglikse Bybel Vers: Lukas 1:6
‘En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel.’
– Die is belangrik hoe ons, ons lewens lewe.
– Dit is wonderlik as dit van jou gesê kan word dat jy regverdig, onberispelik en gehoorsaam is.
– Dit is ‘n vreugde dat ons ons lewens kan lewe sodat God verheerlik word.
– Dit is die uiterste toets wat ons almal moet slaag, en sal ons dit slaag?
Gebed: Vader, ek kies om U te volg en om te lewe sodat my lewe vir U heerlikheid en eer bring. Mag my lewe vandag en elke dag in die toekoms, onberispelik, gehoorsaam en getrou aan U wees! Amen.