Daaglikse Bybel Vers: Lukas 1:45
‘En salig is sy wat geglo het, want die dinge wat deur die Here aan haar gesê is, sal vervul word.’
– Om God te glo is ‘n geloofsaksie en dit behaag God.
– Wanneer ons uittree en glo, betree ons Sy seën en plan vir ons lewens.s
– Glo jy dat die Here Sy beloftes aan jou sal vervul?
– Jy is geseën omdat jy glo dat die Here sy belofte aan jou sal vervul.
Gebed: Vader, ek verklaar dat ek in U glo. U is die Enigste, ware, lewende God en ek buig my knie nou voor U. Elke woord van U is ‘n woord van lewe en hoop waarop ek kan reken. Amen.