Daaglikse Bybel Vers: Lukas 1:37
‘Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.’
– Die Here kan nuwe lewe in enige dor of verlate plekke bring.
– Die Here kan ‘n wildernis in poele water verander.
– Die Here kan ‘n onmoontlike situasie neem en dit omdraai.
– Niks is onmoontlik wat enige van God se beloftes betref nie.
Gebed: Vader, dit is ‘n vreugde om te weet dat NIKS vir U te moeilik is nie! Ek dank U dat geen belofte van U sal onmoontlik wees om vervul te word nie. Amen.