Daaglikse Bybel Vers: Lukas 1:35
‘En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu.’
– Wat ‘n wonderlike veugde om te weet dat God met ons is.
– Wanneer die Heilige Gees op ons kom kan die grootste wonderwerk plaasvind.
– Wanneer die Here se skaduwee oor ons val weet ons dat ons onder Sy vleuels is.
– Verwag meer van sy blywende teenwoordigheid en krag in en op jou lewe.
Gebed: Vader, mag U Heilige Gees op my rus en mag Ek weet dat U met my is. Ek plaas my lewe in U bekwame hande. Amen.