‘Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en veronrus oor baie dinge;
– Nes die Here van Martha se toestand bewus was ken Hy ook jou situasie.
– Hy ken elkeen van jou angstige gedagtes en elkeen van jou bekommernisse.
– Dit is Sy begeerte dat ons vry van hierdie las en gewig sal lewe.
– Sy woord aan jou is: ‘Moenie oor enigiets angstig wees nie!’
Gebed: Vader, Ek kies om ‘n ander lewe te lei. Mag ek in die sekuriteit van U liefde en voorsiening lewe en mag ek vry van elke vorm van angs en benoudheid wees. Amen.